Boek: Moenie die knoppie druk nie

Moenie-die-knoppie-druk-nie.jpgJaco Jacobs en Chris Venter

Tiaan se bababoetie hou daarvan om knoppies te druk.

“Moenie die knoppie druk nie!” skree Ma en Pa elke keer.

Maar dit is elke keer te laat.

Op ’n dag gaan doen Tiaan en sy gesin inkopies. Sy boetie beland in ’n REUSAGTIGE geel stootskraper en druk ’n knoppie …

Die stootskraper begin dreun en GROMMM!

“Stop daardie stootskraper!” skree almal.

Maar Tiaan is die enigste een wat ’n plan het.

’n Lekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde – ’n knoppie wat smeek om gedruk te word!

Oor die outeur:

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 100 boeke vir tieners, kinders en kleuters.  Sy bekroonde prenteboeke soos Liewe land, ʼn olifant! en Waarvoor is seerowers bang? is gunstelinge op vele kinders se boekrakke.  Meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en negentien ATKV-Kinderboektoekennings.

Oor die illustreerder:

Oor die illustreerder Chris Venter is tans een van die gewildste en talentvolste jong illustreerders in Suid-Afrika. Sy illustrasies pryk in talle Jaco Jacobs-boeke, waaronder die bekroonde Waarvoor is seerowers bang? (waarvoor hy ‘n ATKV-Kinderboektoekenning ontvang het), SuperBoetie, Onverklaarbaar en My boetie dink hy’s Batman.

Uitgewer: LAPA-Uitgewers
Prys: R109,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.