Boek: Moeps die skelm

Aaron Blabey

Moeps die mopshond is ʼn regte skelm. Om sy sin te kry, jok hy gereeld en plaas altyd die blaam vir sy stoutighede op arme Worsie, die worshond. Maar op ʼn dag draai die wiel … of sal ons sê, val die bal … en Moeps besef dat skelmstreke en leuens nie altyd so goed uitdraai nie.

Hierdie is ʼn rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps ʼn regte skelm, steel hy gou jou hart.

Oor die outeur

Aaron Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ʼn hele klomp gewilde kinderboeke, onder andere twee topverkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in baie tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Aaron het ʼn stapel vol pryse ingepalm, o.a. die INDIE Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier KOALA-toekennings en hy hou die titel van Australiese Literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.