Boek: Moeps die wenner

Aaron Blabey

Moeps die mopshond wil altyd wen. Maak nie saak wat die uitdaging is nie, hy móét eenvoudig net die wenner wees. En hy wen gewoonlik … al kul hy so ʼn bietjie. Op ʼn dag daag hy Worsie die worshond om te kyk wie die vinnigste sy hondebak kan leeg eet. Hy val weg en eet so gulsig en gierig moontlik, maar kom skielik agter hy het iets anders ook ingesluk!

Moeps die wenner is ʼn rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps ʼn slegte verloorder, kruip hy gou jou hart.

Die boek is vertaal deur Philip de Vos.

Oor die outeur

Aaron Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ʼn hele klomp populêre kinderboeke, onder andere twee topverkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in baie tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Aaron het ʼn stapel vol pryse ingepalm, o.a. die INDIE Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier KOALA-toekennings en hy hou die titel van Australiese Literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae