Boek: Moestas

moestas

Deborah Steinmair

Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die neus (2012) enWenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en ons sien Stasi as beskermengel én speurder in volle vaart. Die geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die Bleeding Heart of the Lamb Ministries. ’n Ontstellende hoofstuk uit Claude se kindertyd word onthul, wat sy meisie, Stasi, en hul twee beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor sit. Pieterse se liggaam word in reistasse ontdek – maar wie is vir dié grusame moord verantwoordelik? ’n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf.

Oor die outeur:
Deborah Steinmair het in Pretoria grootgeword. Sy het ’n BA-graad in Engels en Drama en ’n honneursgraad in Drama behaal. Sy was onder andere ’n assistent vir ’n reisende poppespeler, ’n lektor in Engels by die Universiteit van die Noorde, boekeredakteur by kalahari.net en die SêNet-webmeester op LitNet. Tans is sy ’n vryskut-kopieskrywer, redakteur, proefleser en skrywer. Haar debuutdigbundel, A See-through Suitcase, is in 2003 deur Genugtig gepubliseer. In 2010 verskyn haar debuutroman, Marike se laaste dans, by Human & Rousseau. Dit word in 2011 bekroon met die Jan Rabie Rapport-prys. Dit was ook op die kortlys vir die M-Net Literêre prys in die kategorie Afrikaans. Die skrywer woon in Pretoria. Sy het twee dogters.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.