Boek: ’Moet ons waai?’ – Om te emigreer of nie

Alet Law

Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ʼn meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer mense het in die daaropvolgende jare getrek op soek na ʼn beter lewe. Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde.

Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Dié keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar ook om die eetkamertafels van vele doodgewone Suid-Afrikaners.

Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense: “Moet ek waai?”

In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, onder andere Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, dié vraag. Dit is ʼn poging tot insig oor ʼn kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ʼn uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself bevind.

Oor die samesteller

Alet Law is die nuusbrief- en leserbetrokkenheidsredakteur by News24 en voormalige meningsredakteur. Sy het ʼn doktorsgraad in politieke kommunikasie aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mallie ·

Onthou as jy emigragreer dan verbeur jy alle regte as Suid Afrikner in Suid Afrika. Jy kan dan nie wil stem of kommentaar lewer oor wat hier gebeur of nie.

Jax ·

Na byna 20 jaar in die buiteland weens werk, is ek dankbaar om alweer meer as 11 jaar terug in my eie land en al sy drama te kan wees. Ek sal nooit weer my land en my mense verlaat nie. Al gebeur wat dan ook. Ja, familie en vriende, ekself ingesluit was al slagoffers van die geweld in die land maar ek kies steeds om hier te bly!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.