Boek: Momo

Michael Ende

Momo is Michael Ende se klassieke sprokiesroman vol poësie oor die towerkrag van tyd.

Momo, ʼn klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ʼn groot stad in die ruïne van ʼn amfiteater. Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ʼn buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel. Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

Oor die outeur

Michael Ende (1929–1995) het in ʼn nugtere, siellose tyd die byna verlore fantasieryk en droomwêreld teruggewen. Hy tel vandag tot een van die bekendste en veelsydigste Duitse skrywers. Naas kinder- en jeugboeke skryf hy poëtiese prenteboeke, boeke vir volwassenes, teaterstukke en gedigte. Baie van sy boeke is verfilm of vir radio of televisie bewerk.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00.*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Flippie ·

Loshande een van die beste verhale ooit. Vir kinders en volwassenes. Helene de Villiers se Afrikaanse vertaling is, m.i. baie goed. Ek vertrou hierdie is n heruitgawe van daardie vertaling.

Charles ·

Baie oulik. Dit is wonderlik dat die roman in Afrikaans vertaal is, maar a.g.v die aard daarvan sal ek dit eerder los aan tieners en jong volwassenes om dit op te raap en te verslind ;)
Daar kort nog baie meer vertalings van hoogaangeskrewe en wereldberoemde literatuur – romans en nie-fiksie – in Afrikaans- veral bv. die ou “classics” soos “The picture of Dorian Gray”, “Notes from the Underground”, “The Idiot”, “Crime and Punishment”, “The Brothers Karamazov”, “The strange case of Dr Jekyll and mr Hyde”, “The Great Gatsby”, Kafka se “The Trial” , “Metamorphoses”, “The 39 Steps”, “Things fall apart”, “Catcher in the Rye”, Orwell se “1984”, “To kill a Mockingbird” , en soveel meer- al word dit net in beperkte hoeveelhede gedruk vir net die wat dit werklik gaan aanskaf!!!) Ons moet ook ‘n vertaalkultuur skep soos die Hollanders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.