Boek: Mooiste fabels en avontuurverhale vir storietyd

Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale stel klassieke avontuurverhale, soos “Om die wêreld in 80 dae”, “Robinson Crusoe”, “Lancelot se avonture”, “Gulliver en die Lulliputers”, “White Fang”, “Die drie musketiers”, “Tarzan”, “Tom Sawyer en Huckleberry Finn” en “Sandokan, die tier van Maleisië”, aan kinders bekend.

Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine is ʼn wonderlike boek met pragtige illustrasies wat kinders aan die klassieke fabels van Jean de la Fontaine bekendstel. Dit sluit in “Die wesel en die koringskuur”, “Die wolf en die lam”, ‘Die duif en die mier”, “Die bye en die perdebye”, “Die leeu en die muis”, “Die donkie en die hond” en “Die swaeltjie en die voëls”.

Oor die uitgewer

Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale en Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine is deur SRL Moon vir ʼn Italiaanse kinderboekuitgewer byeengebring en deur Kobus Geldenhuys in Afrikaans vertaal. Die Afrikaanse boeke word deur NB-Uitgewers uitgegee.

Ouderdom: Ses tot nege jaar
Prys: R230,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale en Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.