Boek: Môre is Maandag

Môre is Maandag deur Aletté-Johanni Winckler

Hoekom kan jy nie vandag oorbegin en lief wees vir unieke jy wat jy is nie? Jy kan beslis! Want môre is “Maandag” – jou oorbegin-dag! Dit is Aletté-Johanni Winckler, bekende Suid-Afrikaanse ma, sakevrou, skrywer, blogger en sangeres, se boodskap in Môre is Maandag. Aletté-Johanni deel haar gewildste Sarie-blogs vol pittige humor oor haar eie issues, kinders en sommer alles wat deel is van ‘n vrou se lewe. Sy vertel ook haar lewensverhaal en deel haar diep geloof in haar hemelse Vader. En om alles te kroon, gee sy wonderlike raad oor styl, mode, liggaamvorms en gelaatskleur met duidelike illustrasies sodat elke vrou dit kan gaan toepas. Môre is Maandag sal vroue bewys hoe om die vreugde en seëninge in die elkedagse lewe raak te sien. Hierdie boek is bedoel vir elke vrou – kom lag en huil saam met jou nuwe vriendin, Aletté-Johanni.

Oor die outeur:
Aletté-Johanni Winckler het ʼn graad in joernalistiek en skryf gewilde blogs vir Sarie se webblad. Sy is ʼn gekwalifiseerde voorkomskonsultant en het ʼn suksesvolle besigheid waarin sy mense help om die beste in hulleself na vore te bring. Deur haar werk staan sy ook tydskrifte soos Huisgenoot, Lig en Intiem by vir die stilering van hul fotosessies. Haar eerste liefde is God, en daar man, Heinz en hul seuntjies.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R129-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.