Boek: My beste, beste maatjie (video)

MFF_cover #2.indd

Jeremy Daniel en Olivia Villet

My-my is Emma se spieëlbeeld en hulle is beste, beste maatjies. In dié maklike leesboek is daar vyf stories met Emma en My-my as hoofkarakters: In die eerste storie trek die gesin uit hulle woonstel na ‘n huis toe, en in die tweede gaan Emma na haar nuwe skool toe. Sy gaan ook kamp saam met Mamma en Pappa (maar waar is My-my dan?), en tydens ’n uitstappie na ‘n pretpark loop sy My-My op ’n baie eienaardige plek raak! In die laaste verhaal ontmoet Emma uiteindelik haar eie, vlees-en-bloed beste maatjie, Yoli.

Sosialisering is ‘n baie belangrike en potensieel uitdagende vaardigheid wat kinders voor skool moet baasraak en in die grondslagfase moet oefen en versterk. Jong lesers kan saam met Emma leer hoe om maats te maak en ook hoe om meer simpatiek te wees teenoor maats wat nie so gemaklik sosialiseer nie.

Maklik geskryf sodat beginnerlesers self kan lees, maar kan ewe goed as voorleesboek werk.

Ideaal vir kinders tussen ses en nege jaar oud.

Oor die outeur:
Jeremy Daniel is ’n skrywer, musikant en digitale bemarker. Hy is die hoof van digitale bemarking by die Baxter Teaterkompleks in Kaapstad. Sy skryfwerk sluit bydraes tot memeburn.com uit ’n Afrika-perspektief in, en hy is ‘n medewerker van The Media-tydskrif en Wits Business Journal. Hy is die baskitaarspeler vir “post-rock” groep Fetish, wie se vierde album in 2013 uitgereik is.

Oor die illustreerder:
Olivia Villet is ’n vryskutillustreerder van Durban. Na haar M-graad in Illustrasie aan die Universiteit van Stellenbosch is sy in 2000 Londen toe met ‘n kontrak om Chester’s Big Surprise vir Bloomsbury Children’s Books te illustreer in haar tas. Dié boek is in 2000 uitgegee, nadat dit as “Best Newcomer” aangewys is deur Publishing News by die Bologna Boekfees in 2000. Olivia het sedertdien verskeie boeke geillustreer, waaronder Sissy Buttons Takes Charge (The Chicken House, 2002), There’s a Mouse in My House (Reader’s Digest Children’s Books, 2006) en drie titels in die Morris reeks (Vivien French, HarperCollins, 2002,2003,2004).

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.