[Boek] My bruidsboek

Christine Ferreira
Marielle de Vos

My bruidsboek is die ideale, omvattende trougids vir elke gelowige bruid. Hierdie pragtige bêreboek is vol raad oor praktiese dinge soos die voorhuwelikse kontrak, jou trourok en skoene, jou gevolg, blomme en dekor, foto- en videograwe en die onthaal. Dit berei ook die bruid op ‘n geestelike vlak voor, en bespreek kwessies soos: Wat is ‘n verbond, troubeloftes en die geestelike betekenis van elke gebeurtenis (soos ringe uitruil). Daar is plek vir lysies maak en baie praktiese wenke om die beplanning vir jou troue maklik en glad te laat verloop.

Oor die skrywer:
Christine Ferreira is sedert 2005 die redakteur van die vrouetydskrif Lééf. Dit is as redakteur wat Christine daagliks haar passie uitleef vir dit wat vroue na aan die hart lê. Sy tree ook dikwels op as spreker. Christine was ook lank verbonde aan die tydskrif Sarie se redaksie, waar sy vir bykans 10 jaar dié tydskrif se skoonheidsredakteur was.

Marielle is ’n pastoor van Randburg. Sy het die Evangelie al wêreldwyd – van Amerika tot Frankryk, Australië en Israel – en oor denominasies heen bedien. Sy is reeds 34 jaar lank getroud en het twee volwasse kinders. Haar dogter is onlangs getroud, en sy het gedeeltes van My bruidsboek vir haar dogter se troue geskryf.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.