Dorling Kindersley
Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer.
Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ʼn honde-eienaar is, of daarvan droom om jou eie hond te kry.
Leer wat honde met hul liggaamstaal wys, waarvan hulle droom wanneer hulle slaap, en wat hulle vir ons probeer sê. Kom beleef die wonderlike wêreld van honde met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto’s en skattige feite oor honde.
Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou beste vriend te versorg sodat sy stertswaai-gelukkig en gesond bly en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en ratse toertjies.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke