Boek: My eie klein belofte-Bybel

Dave Strehler

In My eie klein belofte-Bybel leer Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar alles wat hulle moet weet oor God se wonderlike beloftes aan hulle. Hierdie boek met sy pragtige waterverf-illustrasies en beloftes uit die Skrif sal ouers en kinders se harte aangryp.

Kinders sal in My eie klein belofte-Bybel God se wonderlike beloftes van beskerming, seën, sorg, leiding en liefde vir hulle ontdek en leer verstaan. Hulle sal ook meer lees oor sommige van die bekendste beloftes oor Jesus wat waar geword het en sien dat God altyd sy woord hou.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Own Little Promise Bible.

Oor die outeur

Dave Strehler is al vir langer as 25 jaar betrokke by kinderbediening en is tans betrokke by die Eastside Community Church in Pretoria. Hy is passievol daaroor om kinders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy bedryf ʼn gewilde webwerf vir kinderbediening (www.truthforkids.com) en skryf kurrikulummateriaal vir kinders.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R155,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.