Ontdek God se liefde en die wonders van sy Woord opnuut met My kreatiewe Joernaal-Bybel – ’n unieke kombinasie van die Skrif en kuns.
Met hierdie Bybel kan jy mediteer oor die waarhede in die Bybel terwyl jy die spesiaal ontwerpte woordkunsteksverse inkleur, en die Woord van God so in jou hart koester en versterk.
Die volgende kenmerke sorg vir ’n unieke ervaring:
- Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling in enkelkolom-uitleg
- Lesersvriendelike 8.5 punt-lettergrootte
- Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
- Ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp
- Indeks van woordkuns-teksverse
My kreatiewe Joernaal-Bybel is ’n bron van vrede, vernuwing en inspirasie. Skep ’n unieke kleinood met jou persoonlike stempel wat jy en jou geliefdes geslagte lank sal koester.
Daar is net een Bybel. Die Here se, geen woord mag bygevoeg of weggeneem word nie. Dis plagiaat in sy ergste vorm!
Johan. Jy weet heel duidelik nie waarvan jy praat nie. Dit is 100% ‘n Bybel. Al wat verskil is dat dit plek het vir Joernaal inskrywings en prentjies het wat jy kan inkleur.
Moet nie altyd so op ‘n “high horse” spring as jy nie eers weet waarvan jy praat nie. Dit is awesome, ek het een en geniet dit baie. Ek het dit selfs al vir mense gekoop as geskenk.
‘Ek se ook maar net’ dit is lekker om geld te maak uit die Bybel en dan ‘n voel mens tog so heilig as jy die prentjies inkleur en oooh as ek dit as ‘n geskenk gee. Dis absoluut argogant om die Bybel so te misbruik. Nogal ook in luukse leer sagteband en R600 e meer. Hoekom so duur? Omdat die basis so waardevol is. Het julle die toestemming van die outeur gevra? Nee. Ons is mos die baas op aarde. Soos die spul Jode wat in die tempel sake gedoen het. Dit was seker ook vir ‘n goeie ‘doel’.