Boek: My naam is legio

Madelein Rust

Renata Malan help weer die polisie om ’n moordenaar vas te trek. Dié keer besef Renata dat die geweldenaar martelmetodes inspan wat in die ou dae gebruik is om duiwels uit mense te dryf.

Vir hierdie moordenaar gaan dit meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens ’n “ongeluk”. Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is vir nog ’n slagoffer?

Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? Durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan?

Oor die skrywer

Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek ná die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.