Boek: My reënboogboek

My reënboogboek is ʼn reeks aktiwiteitsboeke wat vir kinders twee jaar en ouer geskik is.

In dié boeke word kleure aangeleer en fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die tekeninge is eenvoudig en buitelyne van prente wys vir kinders watter kleure om te gebruik. Die bladsye kan boonop met plakkers versier word en dit is ontwerp sodat klein handjies maklik daarmee kan werk.

Ballon Media is ʼn kinderboekuitgewer wat in Anvers, België, geleë is.

Uitgewer: Ballon Media
Ouderdom: Twee en ouer
Prys: R75,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.