Boek: My soek-en-vind-Bybel

CUM_Soek_en_vind_Kinderbybel_voorbladGill Guile

In My soek-en-vind-Bybel sal kinders hulle gunsteling Bybelstories beleef in ’n wêreld van kleur en detail deur fantastiese, helder kunswerk.

Dié stewige kartonboekie is propvol pragtige prentjies en voorwerpe om te soek op elke bladsy wat vir ure se opvoedkundige pret sal sorg. Daar is ook ’n oulike apie wat op elke bladsy wegkruip.

Elke skets in die boek is ’n visuele voorstelling van ’n Bybelstorie en moedig kinders aan om in die Bybel na die volle verhaal te gaan soek.

Ouers kan ook lekker saamspeel en die geleent-heid gebruik om saam met hulle kinders uit die Bybel te lees en te gesels oor wat in die prentjies gebeur.

My soek-en-vind-Bybel is ’n uitstekende hulpbron om kinders se woordeskat uit te brei. Die boek is beide ’n eerste woordeboek en ’n soek-en-vind-spe-letjie.

Oor die outeur:

Gill Guile is ’n illustreerder en outeur van kinderboeke. Sy hou daarvan om te skilder en om aan kinder-boeke te werk. Sy het al meer as 400 boeke geïllustreer.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R99.95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.