Boek: ‘My Stasie Straat Kombuis’ – Mynhardt Joubert

Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap. Hier sit hy etes vir betalende gaste voor, tree as gasheer vir mediabekendstellings op, en hy gebruik sy huis as ʼn kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee.

Die boek My Stasie Straat Kombuis is ʼn weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Joubert geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservaringe: van sy kinderjare op ʼn plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in die buiteland en oor Suid-Afrika heen. Sluit by hom aan in die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep jou eie kulinêre lekkernye, berei met joie de vivre en armsvol liefde.

Prys: R380,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.