Boek: ‘Mynie speel met vuur’ – Mynie Steffens

Mynie Steffens

Mynie Steffens bely in haar eie woorde sy is ʼn selferkende braaiverslaafde en kook al sedert sy 10 jaar oud is op die vuur.

“Alles smaak soveel beter wanneer dit op die vuur gaargemaak word,” sê sy. “Ek soek altyd enige moontlike verskoning om ʼn indrukwekkende, dag lange braai te reël.”

Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai tydens haar TV-kosmaakprogram “Speel met vuur” en spyseniering vir private braaigeleenthede opgedoen het, het Mynie besluit om haar idees verder te ontwikkel. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte – die beste braaivermaak ooit.

Mynie nooi jou om pret te hê elke keer wanneer jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite. Hetsy jy dus ʼn braaigroentjie is of jouself as ʼn braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.

Mynie speel met Vuur, deur Mynie Steffens, het pas by Penguin Random House verskyn.

Prys: R340,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.