Thomas Pavitte
Onthou jy nog daardie punte-tot-prente-tekeninge van kleintyd? Herontdek dit weer. Verbind die punte, wat in groepe van honderd verdeel is. Jy het ‘n halfuur tot ‘n uur per skets nodig. Die eindresultaat: ‘n prent wat jy met trots kan raam en jou boonop ure se pret verskaf het. Punte-tot-prente-tekeninge het duidelik hul kinderskoene ontgroei!
Oor die outeur
Thomas Pavitte is ‘n grafiese ontwerper wat in Auckland, Nieu-Seeland, gebore is en die skepper 1000-punte-tot-prente-boeke wat wêreldwyd gewild is. Thomas soek voortdurend nuwe kreatiewe en ontwerpuitdagings en dit het hom laat eksperimenteer met kleur en kleurskakerings.
Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R165.00*
*Prys onderhewig aan verandering