Boek: ‘n 1000 punte-tot-prente-boek: diere

9780798173902-1000Thomas Pavitte

Onthou jy nog daardie punte-tot-prente-tekeninge van kleintyd? Herontdek dit weer. Verbind die punte, wat in groepe van honderd verdeel is. Jy het ‘n halfuur tot ‘n uur per skets nodig. Die eindresultaat: ‘n prent wat jy met trots kan raam en jou boonop ure se pret verskaf het. Punte-tot-prente-tekeninge het duidelik hul kinderskoene ontgroei!

Oor die outeur

Thomas Pavitte is ‘n grafiese ontwerper wat in Auckland, Nieu-Seeland, gebore is en die skepper 1000-punte-tot-prente-boeke wat wêreldwyd gewild is. Thomas soek voortdurend nuwe kreatiewe en ontwerpuitdagings en dit het hom laat eksperimenteer met kleur en kleurskakerings.

Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R165.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.