Zirk van den Berg
“Glo my, dis regtig die beste so.”
Hy skreef sy oë en kyk na haar silhoeët teen die lig. Iets glinster in haar regterhand. Hy weet oombliklik wat dit is en hoekom. Dis soos toe daardie man in sy sel ingestorm het, verskrikking en ʼn skielike stuwing van lewenskrag. Hy koes kant toe so ver hy kan, gryp haar enkel en ruk. ʼn Skoot klap naby sy kop. Die skoot tref klip en woer-woer weg met ʼn geluid wat eensklaps stop as die koeël iewers vasslaan. Die vrou steier. Die pistool val op die grond.
Daniël wag geen oomblik nie. Hy herwin sy balans en hardloop, spring oor die klippe en bars deur bosse. Hy probeer nie eens dink oor wat gebeur het nie. Hy kan dit later doen, as hy lank genoeg leef.
Polisievrou Erica van der Linde is in beheer van die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad in die jare negentig. Sy het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies in haar bewaring vir goed verdwyn uit die normale samelewing. Sy vermoor hulle. Maar sy’t nog nooit ‘n getuie soos Daniël Enslin teëgekom nie.
Wenner van die eerste kykNET-Rapportprys in die rolprent-kategorie, nou tot fliek verwerk.
Uitgewer: Kwêla Books
Prys: R260,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke