Boek: ’n Anker vir die siel

Anker_vir_die_siel.jpgRiekert Botha

’n Anker vir die siel neem lesers op ’n reis van ’n leeftyd in net 366 dae.

Bekende outeur en radio-persoonlikheid Riekert Botha neem lesers op hierdie reis van vergifnis, verlossing, hoop, liefde, God se heerlikheid en die ewige lewe. Dié oordenkings sal lesers nuwe krag gee te midde van die storms van die lewe.

Die kort oordenkings in hierdie volkleur-dagboek sal lesers herinner aan God se nimmereindigende genade en krag, want selfs in ’n verskriklike storm bly God ’n anker van hoop.

Oor die outeur 

Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R149,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.