Boek: ʼn Ballade vir Nkunzi

Ben Viljoen

“Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.”

Daar is min verhale in Afrikaans wat armoede uitbeeld soos ’n Ballade vir Nkunzi.

Bennie Welman se pa is ’n trokdrywer, hy suip elke Vrydagaand sy geld uit. By die huis wag Bennie, die ses ander kinders en sy ma op die geweld wat kom wanneer Bernard Welman uiteindelik die huis instrompel.

Nes die gesin dink dit kan nie erger nie, bewys die noodlot hulle verkeerd.

Dan, een aand wanneer daar reeds weke lank nie kos in die huis is nie, vra Drien, Bennie se ma, aan hom: “Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees?”

Drien staan uiteindelik op en skep ’n mate van sekuriteit vir haar kinders.

Ben haat sy pa en meet uiteindelik ook kragte met die ou bul. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek.

Ben Viljoen se karakters is mense wat leef en die leser kan met iedereen identifiseer. Die skrywer maak nooit die fout om aan sentiment toe te gee nie. Musiek is die enigste vorm van verhewenheid in hierdie afskuwelike omstandighede; dit is ook die enigste genaakbaarheid wat Bennie in sy pa gewaar.

Die boek bied hoop en het ’n mooi einde, maar daar is geen plek feetjies met towerstaffies nie.

Oor die skrywer

Viljoen het in Vereeniging grootgeword, waar hy aan die Hoërskool Drie Riviere gematrikuleer het. Vir die grootste deel van sy werksloopbaan was hy aan die administratiewe kant van lewensversekering betrokke. Viljoen het diens gedoen in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal. Intussen het hy afgetree en woon hy in Bellville. Van sy kortverhale is gepubliseer in bloemlesings soos Van Spoke Gepraat, wat deur Tafelberg Uitgewers in 2006 uitgegee is, In ’n Neutedop, deur Bateleur Books in 2006, en Grensoorlogstories in 2012 deur Litera Uitgewers.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R300,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Sean

Ek lees slegs boeke wat in my moedertaal geskryf is Jammer ek hou verby met die een