Boek: ʼn Boekwinkel tussen die wolke?

Jaco Jacobs

Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ʼn Plek vol towerkrag waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels, avonture en dagdrome (en ʼn klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees).

Op die rakke wag ʼn avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander, as sy dapper genoeg is. Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie. Nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. Wie weet, dalk kry hulle hulp uit ʼn onverwagse oord – alle boekwinkels het mos ʼn tikkie towerkrag.

Die boekwinkel tussen die wolke is deur Jaco Jacobs geskryf en dit het by Pan Macmillan verskyn.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.