Boek: ’n Boodskap van hoop

Boodskap_van_Hoop.jpgDuane Vermeulen, JP Duminy, LJ van Zyl,  Eben Etzebeth en ander sportsterre deel  hulle drome en hoop vir ons land en sy mense

Vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport. Maar wat ons regtig saamsnoer, is die Hoop wat in ons hart leef.  Karien Basson bring hierdie twee eg-Suid-Afrikaanse elemente saam in een inspirasie-aanbieding.

In ’n Boodskap van hoop deel 50 sportsterre, onder andere Duane Vermeulen, Eben Etzebeth, Cornal Hendricks, LJ van Zyl en JP Duminy, wat die eintlike doel in hulle lewe is – om ’n lewe te leef wat God sal verheerlik. Hulle deel teksverse wat hulle na aan die hart lê, bied persoonlike boodskappe aan lesers en dra die hoop uit wat hulle vir Suid-Afrika en sy mense koester. Die boek word afgerond met kleurfoto’s uit die sterre se persoonlike foto-albums en interessante sportfeite.

’n Boodskap van hoop is ’n versamelstuk vol hoop en bemoediging uit die hart van sommige van ons mees geliefde sportsterre.

Oor die outeur:

Karien Basson is ’n gesertifiseerde Transformation Coach, NLP Life Coach, NLP Practitioner en Negative Emotional Therapy™ Practitioner.  Ná tien jaar in die media-bedryf as joernalis en radioaanbieder is sy ’n bekende stem op Tygerberg 104FM in die bekroonde program Vuurvas. Sy is ook genomineer vir die beste middag-spitstyd-aanbieder in 2013. Karien is die wenner van die 2014 MTN Bright Star-toekenning en is saam met haar Sportnuus-spanmaats Arnold Geerdts en Anton Treurnich genomineer vir beste sportprogram in 2014. Sy is getroud met Shawn Basson en hulle was betrokke by die jeug- en studente-bediening in Pretoria. Deesdae woon hulle in die Strand en belê hul tyd in die Kingdom Light Church. Karien is ’n spreker en ’n skrywer, en het ook ’n blog met meer as 4 000 lesers. Karien is ook Finesse se Vroue wat Glo-beweging se verteenwoordiger in die Wes-Kaap. Dié pastoorsvrou het ’n groot hart vir gemeenskapswerk, dierebeskerming en sport.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R179,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.