Boek: ʼn Boomhuis met 52 verdiepings? Sowaar!

Andy Griffiths en Terry Denton

Andy Griffiths en Terry Denton se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 verdiepings! Dié tweemanskap se nuwe prettige byvoegings sluit in ’n golfmasjien, ’n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, asook ’n hoëtegnologie-speuragentskap met die jongste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Veral wanneer hulle uitgewer, mnr. Grootneus, spoorloos verdwyn … Die twee vriende vermoed dat die rebelse groente dalk iets met sy verdwyning te doen gehad het. Sal die speurtegnologie hulle help om mnr. Grootneus op te spoor?

Oor die skrywer

Griffiths is een van Australië se mees bekende kinderboekskrywers. Saam met sy vriend en illustreerder, Denton, het hulle talle suksesvolle reekse geskryf. Die veelbekroonde Boomhuis-reeks is in meer as 30 lande gepubliseer en het al talle kinderboekpryse gewen. Dit sluit onder meer die Koala-prys en Australiese boekbedryfprys vir jong lesers in.

Die boomhuis met 52 vloere is deur Kobus Geldenhuys vertaal.

Prys: R195,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Twopence ·

Kan iemand help asseblief ….. Wat is die boek se oorspronklike titel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.