Boek: ʼn Gelukkige kind

'n gelukkige kindPieter van Jaarsveld

Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie! Dr. Pieter van Jaarsveld, ’n internasionele spreker en kenner op die terrein van positiewe denke, verduidelik in hierdie omvattende ouerskapgids hoe kinders se koppe werk en hoe jý ’n gelukkige en gebalanseerde kind kan grootmaak. Dié boek wys dat dit wel moontlik is om duidelike grense te stel, terwyl jy jou kinders met liefde, respek en koestering grootmaak.

Oor die outeur

Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. Hy en sy vrou woon in die Strand.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R225,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mary Sadler ·

Vir my is daar geen vraagstuk nie: ‘n gelukkige kind is een wat nie vanaf babadae in ‘n crèche of by ‘n sg. dagmoeder grootgemaak word nie, maar by hul eie moeder by die huis. Dis vandat moeders voltyds buitenshuis begin werk het (om luukshede te kan bekostig?) dat die wêreld van die kinders ineengestort het. As die moeder ‘n beroep het waar sy meer verdien as haar man (mens neem aan die ouers is darem getroud) dan bly die pa by die huis en sorg vir die kinders. Ek maak toegewings vir gedwonge enkelouers, maar dan moet die familie inspring, daar’s tog seker altyd ‘n ouma of sibbe wat kan help.

Werk mamma ·

Tannie regtig? Dink maar liewer voor jy oordeel. Ek werk sodat ek my kinders se skoolfooie kan betaal en n dak oor hulle koppe en my meisiekind ballet kan doen, nee daar is nie luxuries nie. Pappa werk ook, sy deel dek brandstof, kos en polisse en spaargeld sodat kinders kan gaan studeer. My ouers is 1400km van my af, my sussie 800km, my skoonouers 300km. Times have changed. Ons doen die beste vir ons kinders wat ons kan. My kinders is volgens die skole en rapporte gelukkige gehoorsame gebalanseerde kinders, nie omdat mamma sit en bal speel met hulle heeldag nie maar omdat hulle dissipline kry onder n geweldige vaste vertroue en liefde.

GM ·

Mary, daar is altyd twee kante. Ek glo nie die meeste ma’s werk net sodat hul luxeries kan bekostig nie. Meeste van die tyd is dit om aan die lewe te bly. Die lewe het duur geword. Laat elkeen doen wat hul voel vir hul gesin die beste is. Wie is ander om te oordeel? Die vraag is ook wat jy beskou as luxeries? Want vir party mense is dit om warmwater te kan gebruik, of iets anders as brood te eet, of dalk skoene te hê. Dit is ook nie net getroude ouers wie se kinders gelukkig is nie. Daar is baie kinders wat eerder wens hul ouers was geskei, netso is daar baie enkelmamma’s en pappa’s, of ongetroude paartjies, wat wonderlike ouers is. Elke groep het hul probleemgevalle, en so ook hul suksesverhale. Daar is mamma’s wat by die huis is, wat te besig is vir hul kinders. By ‘n skooltjie sou daardie kind heelwaarskynlik meer aandag gekry het. Ek is een van die bevoorregtes wat by my kinders kan wees, so ek weet watse opofferings gemaak moet word as daar net een salaris is. Dus weet ek ook dat vele huishoudings kan probeer budget soos hul lus het, hul gaan nie net met pappa se salaris die basiese kan koop nie, al sou die mamma graag by haar kinders wou wees.

Dorothea ·

Ek sê dankie ek kan na my eie klein kind kyk. Sy is vier maande gesond en gelukkig. Dis goed vir jong mense om te werk. Baie goed vir die self beeld en bly aan beweeg met die tegnologie. Ek het my beurt gehad. Daar is te veel mense in die aftree oorde. Ek sê hulle is selfsugtige oumense. Help die kinders vir ‘n beter toekoms. Al wat hulle doen is skinder. Nee dankie ons is liefde volle groot ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.