Boek: ʼn Hart is so groot soos ’n vuis

PP Fourie

’n Hart is so groot soos ’n vuis is die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jong man, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde halfbroer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.

Oor die skrywer

PP Fourie is gebore in die Vrystaat en het in Clarens, Bloemfontein, en Oudtshoorn skoolgegaan. Hy woon tans op Wellington en gee klas in die Departement Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kortverhale het al verskyn in Tydskrif vir Letterkunde, Scrutiny2, New Contrast, Ons Klyntji en op LitNet. Sy niefiksieboek The Political Management of HIV and AIDS in South Africa: One Burden Too Many? was in 2006 op die langlys vir die Alan Paton-toekenning.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.