Boek: ʼn Huis vir altyd

Cecilia Nortjé

Ná Milan se man in ’n vliegongeluk sterf, moet sy haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel toeroep. Haar eggenoot het hul geld verkwis en die krediteure eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans.

Dié dorpie is vir haar ’n groot aanpassing. Alles is anders. Haar bure loer tydig en ontydig in. Die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge pla haar, maar dan sien sy hoe hulle omgee vir mekaar én vir haar.

Milan se geldsake is beroerd, maar namate sy haar voete vind en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik ’n leefstylwinkel in een van die dele van die huis.

ʼn Huis vir altyd is deur Cecilia Nortjé geskryf en bied sielskos vir moeë, ingeperkte mense.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R285,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.