Boek: ʼn Kas vol monsters-omnibus

Jaco Jacobs

Denver se kas is ʼn geheime ingang na ʼn kasteel vol monsters – en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde ʼn Kas vol monsters-boeke!

Die Groen Hand

Daar is iets vreemds aan die nuwe huis … In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?

Vampierfoto’s

Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na ʼn kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto’s van ʼn vampier te neem … kan ʼn pyn in die nek wees!

Hollywood-mummie

Dit is glad nie so maklik om ʼn Hollywood-ster te word nie – veral nie as jy ʼn mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om ʼn rol in ʼn fliek los te slaan?

Weerwolfprobleme

Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in ʼn baie slegte bui. En as ʼn weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie …

Die perfekte monster

Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om ʼn meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir ʼn groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!

Kinderspeletjies

Al die monsters is op pad na ʼn musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om ʼn aand lank baba-oppassers vir ‘n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees …?

Kinders  –  Ouderdomsgroep 10 – 12

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R185,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dankbaar ·

Dan wonder mammas en pappas hoekom hulle kinders vreesagtig is en nagmerries kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.