Boek: ʼn Luiperd in my bed

'n luiperd in my bedAnnelize Slabbert

‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ʼn matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ʼn modderbad.’

Annelize Slabbert was ʼn joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ʼn apteker. Stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer, die gebrek aan stilte en sterre. En hulle volg die krom wandelpad na Die Droom van ʼn landelike idille met skape en groen gras. Tot, uiteindelik, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari in Botswana waar hulle ʼn vierster-lodge bestuur. Wat kan dan nou verkeerd loop? ʼn Ware verhaal, uitstekend vertel, skreeusnaaks en aangrypend.

Oor die outeur

Annelize Slabbert is ʼn skrywer en voormalige joernalis by Huisgenoot, Beeld en Finansies & Tegniek. Sy is getroud met Gerard Slabbert, ʼn apteker. Tot hul onlangse aftrede het hulle saam ʼn vierster-lodge in die Sentraal-Kalahari, Botswana bestuur. By Storieboom, hul nuwe tuiste in KwaZulu-Natal, verskaf haar honde en tuin haar eindelose vreugde.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R260,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.