Boek: ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel- vir kinders

Boek_Ontdekkinsreis_Bybel_kinders.jpgDave Strehler

Dave Strehler bied met ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.

Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer.

’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwindende bywerkings:

  • antwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel
  • interessante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek
  • visuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou
  • hedendaagse toepassings van sekere Bybelse kon-septe en tradisies
  • woordverklarings
  • vrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk
 Oor die outeur:

Dave Strehler is al vir langer as 20 jaar betrokke by die onderrig van kinders. Hy is tans betrokke by die Eastside Community Church in Pretoria. Hy is passievol daaroor om kinders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy volg ’n praktiese benadering wanneer hy skryf oor kwessies rakende die Christelike lewe.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Klink na ‘n oulike kersgeskenk! Hoop ouers met jong kinders sien hierdie raak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.