Boek: ’n Pa en sy dogter

n-Pa-en-sy-Dogter.jpgDr. James Dobson

Of ’n dogter nog klein is of al volwasse, sy sal vir ewig ’n spesiale plek in haar pa se hart hê.

Tydlose wysheid om jou dogter te leer, te lei en lief te hê – haar hele lewe lank

Vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen pa’s en hulle dogters met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.

’n Pa en sy dogter bied uittreksels uit die topverkoper Om dogters groot te maak en is ’n huldeblyk aan die rol wat ’n pa in sy dogter se lewe speel. Dit is propvol praktiese raad wat elke pa sal help bou aan sy verhouding met sy dogter. Die volkleur-geskenkboekie vier die lewenslange band van liefde wat ’n pa en dogter deel.

’n Pa en sy dogter sal pa’s help om ’n waarlik spesiale verhouding met hul dogter te ontwikkel, te handhaaf en te koester.

Oor die outeur:

Dr. James Dobson is die stigter van Focus on the Family, ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dobson is ook bekend vir sy radioprogramme wat daagliks oor meer as 4 200 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n opgeleide sielkundige en het ook ’n PhD in kinderontwikkeling aan die University of Southern California School for Medicine verwerf. Hy is die skrywer van meer as 50 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. Dr. Dobson en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee volwasse kinders en woon in Colorado Springs, Colorado.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.