Boek: ’n Pa en sy seun

n-Pa-en-sy-Seun.jpgDr. James Dobson

Of ’n seun ’n ondeunde knapie of ’n volwasse jong man is, hy sal altyd opkyk na sy pa. Vier die sterk, lewenslange band tussen pa’s en seuns met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.

Tydlose wysheid om jou seun te leer, te lei en lief te hê – sy hele lewe lank

’n Pa en sy seun bied uittreksels uit die topverkoper Om seuns groot te maak en is ’n huldeblyk aan al die pa’s wat ’n voorbeeld van krag, integriteit en getrouheid vir hulle seuns is. Dit is propvol praktiese raad wat elke pa sal help bou aan sy verhouding met sy seun. Dié volkleur-geskenkboekie vier die onvervangbare rol wat ’n pa in ’n seun se hart en lewe speel.

’n Pa en sy seun sal elke pa help om sy seun te lei en aan te moedig op sy eie reis deur die lewe.

Oor die outeur:

Dr. James Dobson is die stigter van Focus on the Family, ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dobson is ook bekend vir sy radioprogramme wat daagliks oor meer as 4 200 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n opgeleide sielkundige en het ook ’n PhD in kinderontwikkeling aan die University of Southern California School for Medicine verwerf. Hy is die skrywer van meer as 50 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. Dr. Dobson en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee volwasse kinders en woon in Colorado Springs, Colorado.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.