Boek: ʼn Skerfie glas

Erika Murray-Theron

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ʼn mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie.

ʼn Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ʼn groot huisgesin te behartig. ʼn Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Oor die outeur

Erika Murray-Theron verwerf in 2002 die ATKV-prys vir gewilde prosa. In 2007 word die manuskrip van ʼn Tapiserrie met klein diere as die wenner in Sanlam/Insig/Tafelberg se Groot Romanwedstryd aangewys. Kaalvoet oor die berg (2003) en Verblyf (2007) verskyn by Protea Boekhuis. Haar mees onlangse boek, Stippellyn (Tafelberg) het in 2014 verskyn. Sy woon in Pretoria.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.