Boek: ʼn Terugblik op Eugène Marais se lewe

Eugène N Marais sou in 2021 sy 150ste verjaardag gevier het. Hy is vanjaar ook 85 jaar gelede dood.

Marais was bekend as prosaskrywer, digter, dramaturg, natuurkundige, hipnoterapeut, regsman en joernalis. Sy boek Versamelde werke is twee keer herdruk en ouer sowel as jonger lesers vind steeds daarby aanklank.

Laramie – ʼn Terugblik op Eugène N. Marais bevat bydraes deur eietydse skrywers in die vorm van prosa, poësie en essays uit die regte, natuurwetenskappe, sielkunde, filosofie en geskiedenis. Standaardafrikaans, Gariepafrikaans en Kaaps, selfs Nederlands, loop saam op Marais se spoor. Lof en meelewing, maar ook fel kritiek bied ’n gebalanseerde kyk op dié geroemde, omstrede en tragiese figuur. Dit bevat iets vir almal.

’n Prikkelende, toeganklike bundel met ’n ryke verskeidenheid [tekste]… fiksie, niefiksie en literêr gewigtig, sowel as populêr. Dit is die ideale manier om Eugène Marais se erflating lewend te hou en om selfs Marais-aanhangers krities én verbeeldingryk oor hierdie belangrike literêre figuur te laat dink. – Dr. Francois Smith, bekroonde skrywer en letterkundige.

Skrywers wie se werk in Laramie – ʼn Terugblik op Eugène N. Marais verskyn, sluit in Martjie Bosman, Dominique Botha, Pierre Cronjé, Thomas Deacon, Piet de Jager, Clinton V du Plessis, Hans du Plessis, JCMD du Plessis, Erik Holm, Daniel Hugo, Johan Kruger, Johan Marais, Johann Lodewyk Marais, Jean Meiring, Johan Myburg, Chase Rhys, RR Ryger, Gerard Scharn, Carel van der Merwe, Christo van der Westhuizen, Ernst van Jaarsveld, Ben Viljoen en Cas Vos. Die bloemlesing is deur Jeanette Ferreira saamgestel.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Minimal Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.