Boek:  ’n Tweede kans

Tweede_kans.jpgTessa Afshar

Verlate en hartseer trek Rut na Israel met niks meer om aan vas te hou as Naomi se liefde nie. Sy voer ’n stryd om oorlewing.

God het egter ’n plan vir haar. Rut word as ’n vreemdeling behandel, en is verbaas dat een van die mees gerespekteerde mans van Juda aan haar guns betoon.

Boas is lank reeds ’n wewenaar en vasberade dat dit nie gaan verander nie. Tog word hy getrek na die uitlandse vrou met die hartseer oë. Hy vertel homself dat hy net bedagsaam is teenoor sy niggie Naomi se skoondogter wanneer hy uit sy pad gaan om haar te beskerm, maar sy hart weet van beter.

Gebaseer op die Bybelse verhaal van Rut is ’n Tweede kans die storie van ’n liefde wat uiteindelik die toekoms van die wêreld verander.

Oor die outeur 

Tessa Afshar is in Iran gebore en het 14 jaar daar gebly. Sy het haar later in die VSA gevestig. Tessa het ’n MDiv-graad behaal aan Yale waar sy ook betrokke was by die Evangelical Fellowship van die Divinity School as mede-voorsitter. Sy is vandag steeds betrokke by Christelike uitreike. Pearl in the sand het vir Tessa ’n Reader’s Chioce Award in 2011 besorg (“New Author of the Year”).

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R169,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.