Boek: ‘ʼn Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika’

Johan Marais 

ʼn Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika is die derde uitgawe van dié publikasie. Dit is bygewerk met die jongste inligting wat op wetenskaplike navorsing gegrond is, oor onder meer gedrag, identifikasie, voortplanting en gif.

Die boek dek al die noodsaaklike aspekte van biologie en slang gedrag, spesies se beskrywings word vergesel van volkleur fotos en verspreidingskaarte, eenvoudige simbole maak belangrike inligting dadelik beskikbaar, ʼn afsonderlike “Kyk uit vir”-blokkie help om maklik spesies in die veld te identifiseer, en daar is aanvullende hoofstukke oor klassifikasie en identifikasie, aanhou van slange, en die behandeling van slangbyte.

Volgens die uitgewer is hierdie gids nuttig vir herpeteloë, slangversamelaars, voetslaners, tuiniers en enigeen wat meer oor slange te wete wil kom.

Oor die skrywer

Johan Marais is ʼn entrepreneur, natuurkenner en fotograaf wat die afgelope 35 jaar aansienlik tot reptielbewaring bygedra het. Hy is die skrywer van verskeie boeke, waaronder die topverkoper, ʼn Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika, en Marais is die bestuurder van die Afrika Slangbytinstituut. Hy bestee die meeste van sy tyd aan toeligting oor reptiele en om slangbewustheid by die publiek te kweek.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R450,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

Is dit nie die man wat ander op Youtube wat hy sien as “kompetisie” probeer sink nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.