Boek:  ’n Vrou in gebed

Vrou-in-gebed.jpgPriscilla Shirer

Die geveg van jou lewe is reg voor jou. Die vyand wil sy slinkse planne op verskeie terreine van jou lewe inspan. ’n Doelgerigte gebedstrategie sal jou meer help as wat jy ooit kon droom.

In ’n Vrou in gebed plaas Priscilla Shirer die dringendheid van ’n doelgerigte gebedsplan op die voorgrond. Sy eien tien terreine vir strategiese gebed, waaronder identiteit, passie, gesin, vrese, reinheid en uitdagings.

’n Vrou in gebed rus vroue toe om hul eie gebedstrategieë neer te skryf wat hulle gereeld vir hulself en hul geliefdes kan bid. Daar is skryfplek vir gebede agter in die boek wat uitgeknip kan word.

Priscilla speel die rol van Elizabeth Jordan in die fliek War Room en gebruik ’n Vrou in gebed om die beginsels uit dié fliek vir vroue deel van hul elkedagse lewe te maak. Dié boek is ’n praktiese gids vir vroue vir kragtige, doelgerigte gebed.

Oor die outeur:

Priscilla Shirer is ’n onderwyser en spreker met ’n meestersgraad van die Dallas Theological Seminary. Sy is ook ’n gewilde skrywer, onder meer van Die standvastige vrou, een van die boeke wat saam met die fliek Courageous verskyn het. Priscilla is getroud met Jerry. Sy en Jerry is die stigters van Going Beyond Ministries. Priscilla staan tans heeltyds in vrouebediening en neem ook DVD’s op. Priscilla maak haar filmdebuut in War Room.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R159,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.