Boek: ‘’n Vry vrou’ – Gedigte van Antjie Krog

Gedigte van Antjie Krog
Saamgestel deur Karen de Wet

Antjie Krog is ’n internasionaal gerekende digter wat ook plaaslik geliefd is. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word.

‘n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre, maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.

Oor die skrywers

Krog is ’n internasionaal bekroonde skrywer. Sy ontvang in 2017 vir die tweede maal die Hertzogprys vir poësie, dié keer vir Medewete. In Engels verskyn dit as Synapse, vertaal deur Karen Press. In 2018 word sy met die toonaangewende Gouden Ganzenveer bekroon, die eerste keer dat dit aan iemand toegeken word wat nie Nederlands is nie.

De Wet is ’n letterkundige wat in die poësie spesialiseer. As dosent het sy al klas gegee in die Afrikaanse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit, die Universiteite van Pretoria en Johannesburg en die Katolieke Universiteit Leuven. Sedert 2014 is sy die voorsitter van die UJ-pryse vir Afrikaanse letterkunde.

Prys: R300,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Marnus

Kanp gedaan Karen de Wet. ‘n Pragbundel vol grootse gedigte van ‘n grootse digter.