[Boek] ʼn Wolf in skaapsklere en ander Afrikaanse idiome

Deur Kobus Galloway

Lees ‘n onderhoud met Kobus Galloway waar hy oor dié boek en Idees Vol Vrees gesels.

Een van Afrikaans se uitsonderlike kenmerke is die skat van idiome en vaste uitdrukkings wat soos poësie op die tong van sprekers lê. Andertaliges is dikwels verstom oor die manier waarop vaste uitdrukkings en gesegdes Afrikaans verryk en kleurvol maak.

In hierdie boek bring Kobus Galloway, skepper van Idees vol vrees, 150 idiome byeen – elkeen geïllustreer met ’n grappige volblad-spotprent, en met ’n kort verklaring van elke idioom se betekenis. Verder is daar ’n lys met nóg idiome en verklarings agter in die boek. Afrikaanse lesers van alle ouderdomme sal daarvan hou, en skoliere in die besonder sal dit baie bruikbaar vind. Dié boek sal help verseker dat idiome van vroeg reeds ’n tuiste in die mond van jong sprekers kry, en dat dié pragtige skat van Afrikaans behoue sal bly.

Oor die outeur:
Kobus Galloway het op sesjarige ouderdom begin teken en ná skool het hy grafiese ontwerp studeer. Hy is die skepper van Idees Vol Vrees, wat vinnig die gewildste Afrikaanse spotprentreeks in die wêreld geword het. Sy politieke parodie Where’s Zuma? het in 2015 verskyn. Kobus is ʼn grafiese ontwerper, illustreerder en komediant en die eienaar van Komedie Media.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke teen ʼn afslagbedrag van R128-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.