Leon van Nierop
ʼn Ligte spanningsverhaal met ʼn tikkie liefde.
Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ʼn man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ʼn dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam…
Die nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ‘n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ʼn verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.
Oor die outeur
Leon van Nierop is ʼn bekende radiopersoonlikheid, rolprentresensent, skrywer van romans, radio- en televisievervolgverhale soos Wolwedans in die skemer en Ballade vir ʼn enkeling en die draaiboeke van die roplrente gebaseer op hierdie twee verhale. Hy was vier jaar lank hoof van die Rolprentakademie van die Tshwane Universiteit van Tegnologie en tree dikwels as dosent en spreker oor rolprente op.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Mense kan gerus die kwart voor 3 middag radio vervolg verhaal op RSG luister. Dit is altyd van hoë gehalte. EN jy kan dit nie mis nie. Potgooi dit net agterna. Baie beter as die goed op TV.