Boek: Neem beheer van jou lewe

Stephen Arterburn en David Stoop

Sommige mense voel vasgevang in hulle verlede. Hulle verlede en ander mense se opinies bepaal hoe hulle op situasies gaan reageer. Dit is egter nie nodig nie. Deur beheer te neem oor hulle lewe sal hulle besef omstandighede hoef nie hulle lewensrigting te bepaal nie.

In Neem beheer van jou lewe gebruik Stephen Arterburn en David Stoop persoonlike voorbeelde, kliniese insigte en geestelike waarhede om lesers te wys presies hoe om dít te doen:

  • Genees van seerkry, terugslae en gebroke verhoudings wat jou elke dag raak.
  • Stel beter grense vir ander mense in jou lewe.
  • Hou op oorreageer en reageer op die regte manier op situasies en omstandighede.
  • Verander gedrag wat jou en jou verhoudings skaad.
  • Vind die vrede waarna jy hunker.

Neem beheer van jou lewe is die sleutel wat lesers sal help om weg te beweeg van reaktiewe gesindhede en gedrag, na gesonde response wat God verheerlik, en ’n mens help om die lewe te leef wat jy bedoel is om te leef.

Oor die outeurs

Stephen Arterburn (M.Ed.) is ʼn topverkoper-outeur en die stigter en voorsitter van New Life Ministries. Sy daaglikse radioprogram, New Life Live!, word regoor die VSA uitgesaai. Hy het ook die Women of Faith-konferensies begin.

David Stoop (Ph.D.) is ʼn kliniese sielkundige en outeur wat al die Gold Medallion-toekenning gewen het. Hy is die stigter en direkteur van die Center for Family Therapy in Newport Beach, Kalifornië.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R190,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.