Boek: Nêrens veilig – Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe

Chris Schoeman

Chris Schoeman neem van die grootste Suid-Afrikaanse rampe sedert die 18de eeu opnuut onder die loep, van die lotgevalle van die oorlewendes van die Grosvenor-skeepsramp op hul dodelike staptog kuslangs tot die tergende raaisels van die Helderberg-lugramp 200 jaar later. Hy skryf oor natuurrampe, rampe weens meganiese of menslike oordeelsfoute, busrampe, treinrampe en mynrampe. Ook bly die Groot Griep van 1918 en die Xhosa-selfmoord in 1856-’57 nie agterweë nie.

Oor die skrywer

In boeiende vertelstyl laat Schoeman met sy deeglike navorsing gebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nie durf verlore gaan nie, herleef én voortleef. Sy boeke sluit Churchill’s South Africa: Travels during the Anglo-Boer War, The Historical Karoo, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Vegter en Balling: Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz en Os: Die Outobiografie in. Rebel, die lewe van kommandant Hans Lötter het in 2019 by Protea Boekhuis verskyn.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.