Boek: Nét 24 uur!

Net_24_uur.jpgKevin DeYoung

Plaas Jesus eerste  te midde van ’n besige lewe

Ons almal het dit al gehoor én gesê: “Ek is net té besig.” Te dikwels kry besig-wees die oorhand oor ons, maar daar is hoop …

Bekroonde skrywer Kevin DeYoung pak die probleem van besig-wees in Nét 24 uur! aan met die Bybelse gereedskap wat ons nodig het om by die probleem self uit te kom en dit met wortel en tak uit te roei.

Nét 24 uur! kyk na spesifieke lokvalle en struikelblokke in ons besige leefstyl, soos: Wees versigtig vir trots, God verwag nie dit alles van jou nie, jy het prioriteite nodig, raak gerus oor jou kinders en die belangrikheid van rus. Die boek bevat ook ’n Skrifindeks, en lesers kan na CrazyBusyBook.com gaan om besprekingsvrae af te laai en na video’s te kyk.

Nét 24 uur! sal jou help om net ’n bietjie asem te skep en te kyk na wat werklik belangrik is.

Oor die outeur:

Kevin DeYoung is die senior leraar by die University Reformed Church (RCA) in East Lansing, Michigan. Hy is ’n bekroonde outeur wat gereeld by konferensies as spreker optree en het ook ’n gewilde blog. Hy het aan die Hope College in Holland, Michigan, studeer en daarna sy MDiv aan die Gordon-Conwell Theological Seminary in Massachusetts verwerf. Hy en sy vrou, Trisha, het ses Kinders.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.