Boek: ‘Net aliens eet spinasie’ (heruitgawe) – Jaco Jacobs

Jaco Jacobs 

ʼn Alien land in ʼn swembad, kinders verdwyn in ʼn biblioteek, ʼn monsterhond word ʼn woefie-woef en ʼn vampier-jagter-ouma bestorm ʼn skool met ʼn knoffel-bazooka… Maar dit is nog lank nie al nie!

Net aliens eet spinasie (2022) is Jaco Jacobs se versameling van tonekrul-lekker stories wat al meer as ʼn dekade lank gewild is. Die heruitgawe met illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. Die beste van alles is dat Jacobs ʼn splinternuwe storie vir dié versameling geskryf het.

Oor die skrywer

Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ʼn miljoen eksemplare van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. Drie van sy boeke is al tot rolprente verwerk en twee van sy jeugboeke is wêreldwyd in Engels uitgegee. Jacobs woon in Bloemfontein saam met sy vrou en twee dogters.

Oor die illustreerder

Rennie is in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer aan die Nasionale Skool van die Kunste (NSA) en nadat hy vir ‘n kort tyd grafiese ontwerp studeer, fokus hy op videoproduksie en voltooi sy BA-graad in oudiovisuele kommunikasie by UJ. Hy speel baskitaar, het die Comrades al drie keer voltooi en woon in Edenvale.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R145,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.