Boek: Nina en die crazy klere

nina en die crazy klereElizbè van der Colff

Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk ‘n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg…

Oor die outeur

Elizbè van der Colff het in Bellville en Oudtshoorn grootgeword. Na skool behaal sy haar B. Arbeidsterapie graad. Hierna spesialiseer sy in kinderontwikkeling en bestuur haar eie privaatpraktyk. Sy skryf twee artikels oor kinderontwikkeling wat in Baba en Kleuter gepubliseer is. Sy woon saam met haar man, Nico en hulle drie kinders in De Tijger, Parow.

Uitgewer: Tafelberg 
Prys: R155,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.