Boek: Nina en die funky eksperiment

nina en die funky

Elizbè van der Colff en Chris Venter (illustreerder)

Dis die laaste kwartaal en Nina en haar beste vriendin Jessie kan nie wag vir Laerskool Tierkop se kleure-atletiek-byeenkoms nie. Nina is vasbeslote om beter te doen in hoogspring as die vorige jaar. Maar daar is ’n nuwe meisie in hulle graad – Mirkia Zitscky. Sy is beter in hoogspring as wat Nina ooit sal wees! Toe Nina se pa hulle neem om die nuwe koeldrankfabriek op die dorp te gaan besoek, besef die uitgeslape twee vriendinne iets is nie pluis met W&Z Beperk se sogenaamde “energiedrankie” nie. Waarom wil die maatskappy so graag hê dat die drankie by die skool se atletiekbyeenkoms bekendgestel moet word? Is dit dieselfde koeldrank wat Mirkia heeltyd drink? Dis tyd om die pet op Nina-hulle se solder te gebruik om hulle met hul speurwerk te help . . .

’n Nuwe avontuur vir die vindingryke twee vriendinne waarmee lesers in Nina en die wacky hare (wenner van ’n ATKV-Kinderboektoekenning in 2013) kennis gemaak het.

Ideaal vir lesers tussen 8 en 10 jaar oud.

Oor die outeur:
Elizbè van der Colff het in Bellville en Oudtshoorn grootgeword. Na skool behaal sy haar B. Arbeidsterapie graad. Hierna spesialiseer sy in kinderontwikkeling en bestuur haar eie privaatpraktyk. Sy skryf twee artikels oor kinderontwikkeling wat in Baba en Kleuter gepubliseer is. Sy woon saam met haar man, Nico en hulle drie kinders in De Tijger, Parow.

Chris Venter is ‘n vryskutkunstenaar van Kaapstad. Van sy mees onlangse projekte is die Speurhond Willem-reeks, die Kas vol monsters-reeks en Waarvoor is seerowers bang? (Jaco Jacobs), waarvoor hy met ‘n ATKV Woordveertjie bekroon is. Hy het ook die illustrasies in Middernagfees van Jaco Jacobs (LAPA, 2009) behartig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.