Boek: NJ hou koers

nj-hou-koers-voorblad-finaalDanie Langner

NJ van der Merwe was as jong seun in die Norvalspont-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog. Hier het hy geleer om die omstandighede van die kamp te oorleef, en verskeie van hierdie vaardighede het hy deel van sy lewe gemaak.

As stigterslid en eerste voorsitter van die FAK het NJ bygedra tot die handhawing van die Afrikaanse taal en die positiewe uitbou van Afrikanerkultuur. Hy word die eerste Hoofleier van Die Voortrekkers en vir hom is dit ’n noodsaaklike voertuig om jong Afrikaners weer te bind aan hulle herkoms, maar ook om hulle weerbaar vir die toekoms te maak.

In dié boek bring Danie Langner hulde aan ’n grootse Afrikaner in ons land se geskiedenis. Iemand met ’n merkwaardige kulturele nalatenskap.

Hierdie boek is om verskeie redes ’n waardevolle publikasie. Dit bevat ’n beknopte nuwe biografie van N.J. van der Merwe, iemand wat “in sy wese ’n kultuurmens was wat hom op kulturele organisasies met verhewe ideale” toegespits het. Dit gee ’n belangwekkende verslag van ’n kind se belewenisse in die Anglo-Boereoorlog. (Jaap Steyn, Emeritus-professor in Afrikaans en Nederlands, Universiteit van die Vrystaat)

Dit is baie tydig én nodig dat NJ se verhaal opnuut te boek gestel word – en op so ’n wyse dat dit tot die jeug van vandag sal spreek. Die Voortrekkerjeug speel immers ’n belangrike rol as ambassadeurs van die Afrikaanse kultuurgeskiedenis. NJ was – en is – ’n belangrike rolmodel wat koersvaste diensbaarheid aan die eie én die breë gemeenskap aanbetref – ’n leitmotiv van die Voortrekkerbeweging. Dr. Langner, synde die huidige Hoofleier van die Voortrekkerbeweging is die regte persoon op die regte tyd vir hierdie taak, wat in wese ’n opvoedkundige visie realiseer. (Marthinus van Bart, Kultuur- en erfenisjoernalis)

Die jeugvertelling van NJ van der Merwe is werklik aangrypend. Meer as ’n eeu na NJ se wedervaringe tydens die Anglo-Boereoorlog en in die besonder tydens sy ‘verblyf’ in Norvalspont-konsentrasiekamp is sy persoonlike vertellinge steeds ontroerend. Die jong NJ se vriendskap met Ketsewaai, sy troue perd; die dood van Mina, sy jong vriendin; die sorg vir sy ma in die konsentrasiekamp; sy eerste dae in Grey-Kollege – dit alles is die boustene van ’n universeel-persoonlike drama oor lyding, moed en oorwinning. (Danie Goosen, Voorsitter: FAK-direksie)

Oor die outeur:
Danie Langner is besturende direkteur van die FAK en hoofleier van Die Voortrekkers.

Uitgewer: FAK
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou in Maroela se Koöperasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.