Boek: No Longer Whispering to Power – The Story of Thuli Madonsela

In haar laaste dae in haar amp het sy die omstrede staatskapingsverslag saamgestel en voor dit, die verslag oor pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla.

Madonsela is net soveel geloof as wat sy veroordeel is, en het haarself gereeld te midde van ʼn toenemend spanningsvolle Suid-Afrikaanse politieke arena bevind. Ondanks die media-soeklig, bly Madonsela ʼn tipe enigma.

Wie is hierdie vrou met die sagte stem wat bereid was om teen staatskorrupsie op te staan? Waar het sy haar sienings en standpunte gevorm?

Dié boek poog om hierdie vrae en ander te beantwoord en ondersoek die verskeie aspekte van Madonsela se lewe: haar kinderjare en gesin, haar betrokkenheid by studentepolitiek, haar bydrae tot die Grondwet, en haar lewe in die reg.

Sy het in ʼn stadium haar rol as openbare beskermer vergelyk met dié van ʼn vroulike tradisionele geestelike Venda-leier, die Makhadzi, wat die waarheid aan die heerser fluister. Wanneer die gesprek tussen die Makhadzi en die heerser gehoor kan word, het Madonsela verduidelik, was die fluistering onsuksesvol.

No Longer Whispering to Power handel oor Thuli Madonsela se ampstermyn as openbare beskermer, waartydens die gefluister in ʼn kreet verander het. Dit is die storie van Suid-Afrikaners wat poog om die regering aanspreeklik te hou deur die kantoor van die openbare beskermer.

Dié belangrike boek is ʼn verslag van die noodsaaklike werk wat Madonsela gedoen het, deur altyd sonder vrees of vooroordeel op te tree.

Oor die outeur:
Thandeka Gqubule werk al drie dekades lank in die media as ʼn joernalis. Sy het die storie van die openbare beskermer Thuli Madonsela met groot toewyding en passie gevolg.

Uitgewer: Jonathan Ball Publishers
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louisa ·

Hoop so, sal graag haar boek wil lees…baie van haar gehou….ek verslind biografië…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.